15 Januarie
Voorkoms
| << | Januarie 2026 | >> | ||||
| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
| 1 | 2 | 3 | ||||
| 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
| 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
| 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
| 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
| Al die dae | ||||||
15 Januarie is die vyftiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 350 dae in die res van die jaar (351 in skrikkeljare)
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 708 – Pous Sisinnius volg Pous Johannes VII op.
- 1537 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-priester van Sint Pancrazio.
- 1537 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word kardinaal-priester van Sint Vitalis.
- 1574 – Alessandro Ottaviano de’ Medici (later Pous Leo XI) word aartsbiskop van Florence.
- 1709 – Pous Clemens XI word gedwing om Karel, aartshertog van Oostenryk, as koning van Spanje te aanvaar.
- 1759 – Die Britse Museum in Londen open sy deure vir die publiek.
- 1876 – Die eerste koerant in Afrikaans, Die Afrikaanse Patriot met C.P. Hoogenhout as redakteur, word in die Paarl uitgegee.
- 1898 – In Pretoria word Fort Klapperkop amptelik deur president Paul Kruger in gebruik geneem, op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog.
- 1919 – Rosa Luxemburg en Karl Liebknecht, twee van die mees prominente sosialiste in Duitsland, word deur die Freikorps gemartel en vermoor.
- 1970 – Die Nigieriese Burgeroorlog eindig.
- 1990 – In Pretoria vermoor die pedofiel Gert van Rooyen sy houvrou Joey Haarhoff en pleeg daarna selfmoord. Hy is deur die polisie gesoek in verband die verdwyning van ses meisies tussen 1988 en 1989.
- 2001 – Wikipedia, ’n veeltalige aanlyn-ensiklopedie, word bekendgestel (Wikipediadag).
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1592 – Shah Jahan, die vyfde Mogol-Keiser van Indië († 1666).
- 1622 – Molière, Frans dramaturg en toneelskryver († 1673).
- 1809 – Pierre-Joseph Proudhon, Franse ekonoom, sosioloog, filosoof wat beskou word as een van die eerste anargistiese denkers († 1865).
- 1846 – D.F. du Toit, Oom Lokomotief, stigterslid van die GRA († 1923).
- 1863 – Wilhelm Marx, Duitse politikus en rykskanselier († 1946).
- 1908 – Edward Teller, Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus wat bekend is as Die vader van die waterstofbom († 2003).
- 1913 – Lloyd Bridges, Amerikaanse akteur († 1998).
- 1916 – Lydia Lindeque, Suid-Afrikaanse aktrise († 1997).
- 1918 – Gamal Abdel Nasser, Egiptiese staatsman, president van Egipte († 1970).
- 1923 – Lee Teng-hui, president van Taiwan († 2020).
- 1929 –