Gaan na inhoud

graf

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Grafte.
Enkelvoud Meervoud
  graf    grafte    
Verkleiningsvorm
Enkelvoud Meervoud
  graffie     graffies  
   
(lêer)
graf
Ruimte waarin een of meer lyke begrawe is.
Die Sint-Pieterskerk in Rome is volgens oorlewerings op die graf van Petrus gebou.
«Anderkant die graf.»
Ná die dood.
«Aan hierdie kant van die graf.»
Terwyl iemand nog lewe.
«Die graf maak almal gelyk.»
Die dood wis alle verskille tussen mense uit.
«Met een voet/been in die graf.»
Oud en afgeleef wees. Naby die einde van sy lewe.
«Hy grawe sy eie graf.»
Hy bewerk self sy ondergang.
«Sy grawe vir 'n ander 'n graf.»
Iemand se ondergang of ongeluk probeer bewerk.
«Hy swyg soos die graf.»
Om die stilswye te bewaar.
«Sy sal in haar graf omdraai.»
Die oorledene sou die saak sterk afkeur.
«Oor iemand se graf loop.»
Gesê as iemand sonder rede 'n koue rilling kry.
grafskender

    Vertalings

  Vertalings:    graf
Engels: grave(en), tomb(en), sepulchre(en)
Nederlands: graf(nl)
Enkelvoud Meervoud
Naamwoord graf ograven 
Verkleinwoord grafjegrafjes 
Verouderde vorme
Genitief grafsgraven  
Datief gravegraven
Hulp:IPA: [ɣrɑf]
   
(lêer)
Graf.