Manga
Manga (漫画 Manga) is strokiesprente wat in Japan of deur skeppers in die Japannese taal geskep is, en stem ooreen met 'n styl wat in die laat 19de eeu ontwikkel is.[1] Dit het 'n lang en komplekse voorgeskiedenis in vroeëre Japanse kuns.[2]
Die term manga (kanji: 漫画
; hiragana: まんが
; katakana: マンガ
;
luister (hulp·inligting)
; Engels /ˈmæŋɡə/ of /ˈmɑːŋɡə/) in Japan is 'n woord wat gebruik word om te verwys na sowel strokiesprentboeke as spotprente. "Manga", as 'n term wat buite Japan gebruik word, verwys na strokiesboeke wat oorspronklik in Japan gepubliseer is.[3]
In Japan lees mense van alle ouderdomme manga. Die medium sluit werk in 'n wye verskeidenheid van genres in: onder meer aksie-avontuur, besigheid en handel, komedie, speurverhale, historiese drama, gruwel, raaiselverhale, romanse, wetenskapfiksie en fantasie, seksualiteit, sport en speletjies en spanning. Baie manga is in ander tale vertaal.[4] Sedert die 1950's het manga 'n al hoe groter deel van die Japanse uitgewersbedryf geword,[5] wat 'n mark van