2023 Formule Een-seisoen
| 2023 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen | |
| Vorige: 2022 | Volgende: 2024 |
| Indeks van wedrenne volgens land en seisoen. | |


Die 2023 FIA Formule Een-seisoen is 'n topwedrenreeks vir Formule Eenmotors. Dit is die 74ste bestaansjaar van Formule Een. Die seisoen sal uit 23 Grand Prix-wedrenne bestaan wat oor die hele wêreld (behalwe Afrika) plaasvind, en is geskeduleer om in Maart te begin en in November te eindig.
Bestuurders en spanne ding mee om die titels van onderskeidelik Wêreldbestuurderskampioen en Wêreldvervaardigerskampioen. Max Verstappen is die huidige wêreldbestuurderskampioen (sy tweede jaar), en Red Bull Racing die verdedigende wêreldkampioen vir vervaardigers nadat hulle hul vyfde wêreldkampioenskapstitel in 2022 verower het.
Algemeen
[wysig | wysig bron]Tegniese regulasies
[wysig | wysig bron]Na gereelde duikprobleme gedurende die 2022-seisoen, stel die FIA veranderinge aan die regulasies voor om oormatige duik te beperk. Die vloerhoogte bo die padoppervlak sal met 15 mm verhoog word en die agterkant van die verspreider sal ook verhoog word, met 'n verandering in hoogte wat nog bepaal moet word. Die styfheid van die verspreiderrand word verhoog en 'n ekstra sensor word verpligtend gemaak om die verskynsel beter te monitor.[1] Sydelingse vloerdefleksietoetse sal ook strenger word.[2]
Na Zhou Guanyu se ongeluk by die 2022 Britse Grand Prix, sal 'n afgeronde bokant op die rolstaaf nou vereis word, wat die waarskynlikheid verminder dat dit tydens 'n ongeluk in die grond sal grawe; 'n verandering sal aangebring word om 'n minimum hoogte vir 'n aanskakelpunt vir die homologasietoets te verseker; daar sal 'n nuwe fisiese homologasietoets wees waar die vrag die rolstaaf vorentoe stoot; daar sal 'n definisie wees van nuwe toetse wat deur berekening uitgevoer moet word.[1]
Sportregulasies
[wysig | wysig bron]Met die doel om bandgebruik in die toekoms meer volhoubaar te maak, sal Formule 1 'n vermindering van toegekende bandestelle van 13 tot 11 by twee wedrenne in 2023 beproef. By hierdie wedrenne is die gebruik van bande verplig om as hard in K1, medium in K2 en sag in K3 te kwalifiseer, met die veronderstelling dat dit nie reën nie. Spanne is gewoonlik vry om te kies watter samestelling van bande hul gebruik tydens kwalifisering. [3]
Naelren
[wysig | wysig bron]Die naelren-formaat sal vanaf hierdie seisoen by ses Grands Prix gehou word, anders as die drie in 2021 en 2022.[4] Hierdie naweke sluit 'n vrye oefensessie van 60 minute en volle kwalifisering op Vrydag in. Die uitslag van die kwalifisering bepaal watter bestuurder die term "paalposisie" ontvang vir Sondag. Op Saterdag is daar 'n verkorte kwalifisering wat die naelren-wegspringrooster bepaal voordat die naelren van 100 kilometer gehou word.[5]
Die eerste agt jaers verdien punte: Daar is 8 punte vir die wenner, 7 punte vir die tweede plek en verder aan tot 1 punt vir nommer agt. Die hoofren word Sondag gery, waarvan die wegspringposisie deur die uitslag van die naelren bepaal word.
Kalender
[wysig | wysig bron]
Inskrywings
[wysig | wysig bron]Die volgende vervaardigers en jaers was onder kontrak om aan die Wêreldkampioenskap in 2023 deel te neem. Daar is van elke span vereis om ten minste twee jaers in te skryf, een vir elk van die twee verpligte motors. Pirelli bly steeds die enigste bandverskaffer vir die 2023-seisoen.
| Inskrywer | Vervaardiger | Onderstel | Enjin | No. | Renjaer | Grands Prix | |||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Alfa Romeo-Ferrari | C43[7] | Ferrari 066/10[8] | 24 | 1–22 | |||||
| 77 | 1–22 | ||||||||
| AlphaTauri-Honda RBPT | AT04[11] | Honda H001[8] | 21 | 1–10 | |||||
| 3 | 11–13 18–22 | ||||||||
| 40 | 13–17 | ||||||||
| 22 | 1–22 | ||||||||
| Alpine-Renault | A523[16] | Renault E-Tech RE23[8] | 10 | 1–22 | |||||
| 31 | 1–22 | ||||||||
Cognizant Formule 1-span |
Aston Martin Aramco-Mercedes | AMR23[19][20] | Mercedes-AMG F1 M14 E Performance[8] |
14 | 1–22 | ||||
| 18 | 1–22 | ||||||||
| Ferrari | SF-23 | Ferrari 066/10[8][23] | 16 | 1–22 | |||||
| 55 | 1–22 | ||||||||
| Haas-Ferrari | VF-23 | Ferrari 066/10 | 20 | 1–22 | |||||
| 27 | 1–22 | ||||||||
| McLaren-Mercedes | MCL60 | Mercedes-AMG F1 M14 | 4 | 1–22 | |||||
| 81 | 1–22 | ||||||||
| Mercedes | W14[28] | Mercedes-AMG F1 M14 E Performance[8] |
44 | 1–22 | |||||
| 63 | 1–22 | ||||||||
| Red Bull Racing-Honda RBPT | RB19[31] | Honda H001 | 1 | 1–22 | |||||
| 11 | 1–22 | ||||||||
| Williams-Mercedes | FW45[34] | Mercedes-AMG F1 M14 E Performance |
2 | 1–22 | |||||
| 23 | 1–22 | ||||||||
| Bron: FIA[37][38] | |||||||||