Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Sondag, 27 September 2026
Hier is tans 131 128 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding • Hulp • Kontak Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Standaardmodel van elementêre deeltjies.

In deeltjiefisika is 'n elementêre deeltjie of fundamentele deeltjie 'n subatomiese deeltjie wat nie uit ander deeltjies bestaan nie. Die Standaardmodel erken tans 17 onderskeie deeltjies: 12 fermione en 5 bosone. As gevolg van geur- en kleurkombinasies en antimaterie, is dit bekend dat die fermione en bosone onderskeidelik 48 en 13 variasies het. Onder die 61 elementêre deeltjies wat deur die Standaardmodel ingesluit word, tel elektrone en ander leptone, kwarke en die elementêre bosone. Subatomiese deeltjies soos protone of neutrone, wat twee of meer elementêre deeltjies bevat, staan bekend as saamgestelde deeltjies.

Gewone materie bestaan uit atome, wat self eens as ondeelbare elementêre deeltjies beskou is. Die term "atoom" kom van die Oud-Griekse woord ἄτομος atomos, wat "ondeelbaar" beteken. Ondanks die teorieë oor atome wat duisende jare lank bestaan het, het die feitelike bestaan van atome tot in 1905 omstrede gebly. In daardie jaar het Albert Einstein sy artikel oor Brownse beweging gepubliseer, wat teorieë beëindig het wat molekules as wiskundige illusies beskou het. Einstein het daarna materie geïdentifiseer as uiteindelik saamgestel uit verskeie konsentrasies van energie.

Die subatomiese bestanddele van die atoom is vir die eerste keer teen die einde van die 19de eeu geïdentifiseer. Dit het begin met die ontdekking van die elektron, gevolg deur die proton in 1919, die foton in die 1920's en die neutron in 1932. Teen dié tyd het die opkoms van kwantummeganika die definisie van 'n "deeltjie" radikaal verander deur 'n begrip voor te stel waarin hulle gelyktydig as materiegolwe bestaan het.

Sedert die opstelling van die Standaardmodel in die 1970's is baie teoretiese verwerkings daarvan gedoen. Dit sluit konsepte van supersimmetrie in, wat die getal elementêre deeltjies verdubbel het deur te hipotetiseer dat elke bekende deeltjie 'n "skadu"-maat met 'n baie groter massa het. Sulke supermaats bly egter steeds onontdek, soos die graviton, 'n bykomende elementêre boson wat vermoedelik swaartekrag bemiddel.

...lees verder

In die nuus
Die Curriebekertrofee.
Die Curriebekertrofee.

Het u geweet...

... dat Leonardo da Vinci se Mona Lisa in 1912 uit die Louvre, in Parys gesteel is? In die drie jaar voor dit teruggevind is, is ses kopieë as die ware Jakob teen reuse pryse verkoop.

... dat die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban gewerk het? Hy was tussen 1893 en 1915 in Suid-Afrika woonagtig. Hier het hy die Natalse Indiese Kongres gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt.

... dat die oorspronklike benaming vir die eerste maand van die jaar (Januarie), die Latynse benaming is vir die Romeinse god Janus? Die vroeër benaming vir hierdie maand was "louwmaand" en dit stam uit die middel-Hollandse taal. In Holland word hierdie maandnaam nog gebruik, maar die Latynse benaming is meer algemeen.

... dat Suid-Afrika die VSA gehelp het met intelligensie as deel van ECHELON? By die Silwermyn Natuurreservaat is antennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is.

... dat Frans deur honderdduisende mense as huistaal gepraat word in die VSA? Alhoewel miljoene Amerikaners van Franse herkoms is, het Engels Frans hoofsaaklik verdring en kan slegs 'n klein deel van die Franse nasate nog Frans praat.

Vandag in die geskiedenis

27 September: Onafhanklikheidsdag in Turkmenistan (1991); Meskel in Ethiopië en Eritrea.

Albert Einstein
Albert Einstein

Voorbladbeeld
'n Witborsspreeuwyfie (Cinnyricinclus leucogaster) in Damaraland, Namibië.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika • Namibië • Botswana • Eswatini • Lesotho • Mosambiek • Zimbabwe

Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië

Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika

Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne

Geskiedenis
Argeologie • Datums • Kulturele geskiedenis • Oorloë • Religieuse geskiedenis • Rewolusies • Vroeë beskawings • Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs • Argitektuur • Dans • Letterkunde • Mitologie • Griekse mitologie • Mode • Museums • Musiek • Rolprente • Taal • Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede • Diere • Plante

Religie
Agnostisisme • Baha'i • Boeddhisme • Christendom • Gnostisisme • Hindoeïsme • Islam • Judaïsme • Mitologie • New Age • Paganisme • Politeïsme • Satanisme • Sikhisme • Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens • Vervoer

Taal
Kunsmatige taal • Natuurlike taal • Taalfamilies • Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie • Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie • Chemie • Filosofie • Fisika • Natuurwetenskap • Sielkunde • Sosiologie • Sterrekunde • Wiskunde

Artikelindeks • Kategorieboom • Lyste • Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål)‬ • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk)‬ • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering