Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 15 Oktober 2026
Hier is tans 131 424 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding • Hulp • Kontak Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Charlton Heston in 1953.

Charlton Heston (gebore as John Charles Carter; 4 Oktober 1923 - 5 April 2008) was ’n Amerikaanse akteur van rolprente, TV en die teater en ’n politieke aktivis. Hy het beroemd geword as hoofrolspeler in verskeie Hollywood-rolprente soos Bybelverhale, wetenskapsfiksie- en aksieprente. Hy het 'n Oscar gewen en is vir drie Golden Globes en drie Emmys benoem. Hy het talle erepryse gewen, onder meer die Jean Hersholt- humanitêre prys in 1978, die Golden Globes se Cecil B. DeMille-prys in 1967, die Screen Actors Guild se prys vir lewenslange prestasies in 1971, die Kennedysentrum-eerbewys in 1997 en die Presidensiële Vryheidsmedalje in 2003.

As ’n Hollywood-ster het hy oor 60 jaar in 100 rolprente verskyn. Sy bekendste rolle was in The Ten Commandments (1956); Ben-Hur (1959), waarvoor hy ’n Oscar gewen het; El Cid (1961); Planet of the Apes (1968); Julius Caesar (1970) en Antony and Cleopatra in 1972. Hy het ook verskyn in onder meer The Greatest Show on Earth (1952), Touch of Evil (1958), Airport 1975 (1974), Earthquake (1974) en Hamlet (1996). Van sy tonele wat die beste onthou word, is as Moses wat die Rooisee verdeel in The Ten Commandments en ’n strydwatweegeveg in Ben-Hur.

Sy hoofrolle het hom ’n ernstige, outoritêre persoonlikheid besorg en het verantwoordelikheid, individualisme en manlikheid uitgebeeld; hy het rolle wat nie klem op dié eienskappe gelê het nie van die hand gewys. Dit het ook gewig verleen aan sy politieke stem – Heston was nou by die politiek betrokke. In die 1950's en vroeë 1960's was hy een van 'n handvol Hollywood-akteurs wat rassisme openlik veroordeel het en hy was 'n aktiewe ondersteuner van die burgerregtebeweging. In 1987 het Heston die Demokratiese Party verlaat en 'n Republikein geword. Hy het 'n konserwatiewe politieke-aksie-komitee gestig en Ronald Reagan gesteun. Heston was vir vyf termyne president van die Nasionale Vuurwapenvereniging, van 1998 tot 2003.

Nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is, het Heston in 2003 ophou toneelspeel.

...lees verder

In die nuus
Die Curriebekertrofee.
Die Curriebekertrofee.

Het u geweet...

... dat Tafelberg die enigste aardkenmerk is waaraan 'n sterrebeeld se naam ontleen is? Mensa, wat "tafel" beteken, is 'n sterrebeeld van die Suidelike Halfrond wat taamlik laat afgebaken is en dus geen antieke mitologie het nie.

... dat die chemiese element en radioaktiewe edelgas radon, wat natuurlik uit die grond vrygestel word, beskou word as die belangrikste oorsaak van longkanker naas sigaretrook? Jaarliks sterf meer as 40 000 mense wêreldwyd aan longkanker wat deur radon veroorsaak is.

... dat daar sowat 350 000 Han-Chinese in Suid-Afrika woon? Die meeste van hulle is in Johannesburg en praat Chinese tale soos Mandaryns en Hakka.

... dat Jane Elizabeth Waterston die eerste vrou in Suid-Afrika was wat 'n mediese praktyk geopen het?

... dat Leonardo da Vinci se Mona Lisa in 1912 uit die Louvre, in Parys gesteel is? In die drie jaar voor dit teruggevind is, is ses kopieë as die ware Jakob teen reuse pryse verkoop.

Vandag in die geskiedenis

15 Oktober: White Cane Safety Day (Verenigde State)

Friedrich Nietzsche
Friedrich Nietzsche

Voorbladbeeld
Die Narva-kasteel (of Hermann-kasteel) in Narva, Estland,
soos van oorkant die nabygeleë grens met Rusland gesien.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika • Namibië • Botswana • Eswatini • Lesotho • Mosambiek • Zimbabwe

Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië

Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika

Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne

Geskiedenis
Argeologie • Datums • Kulturele geskiedenis • Oorloë • Religieuse geskiedenis • Rewolusies • Vroeë beskawings • Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs • Argitektuur • Dans • Letterkunde • Mitologie • Griekse mitologie • Mode • Museums • Musiek • Rolprente • Taal • Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede • Diere • Plante

Religie
Agnostisisme • Baha'i • Boeddhisme • Christendom • Gnostisisme • Hindoeïsme • Islam • Judaïsme • Mitologie • New Age • Paganisme • Politeïsme • Satanisme • Sikhisme • Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid • Ekonomie • Krieket • Politiek • Rugby • Sport • Vlae en wapens • Vervoer

Taal
Kunsmatige taal • Natuurlike taal • Taalfamilies • Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika • Fotografie • Inligtingstegnologie • Klanktegnologie • Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie • Chemie • Filosofie • Fisika • Natuurwetenskap • Sielkunde • Sosiologie • Sterrekunde • Wiskunde

Artikelindeks • Kategorieboom • Lyste • Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål)‬ • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk)‬ • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering